Sondag 26 Mei 2013

Hoe ek my liefde in vriendskap gevind het...

Wie se liefde en vriendskap is ontmontlik. Is dit nie voor jy verlief raak is n mens eers vriende nie, in my eervaring, was ek al in verhoudings waar ons net ontmoet en begin kys, maar dit nooit langer as n paar maande aanhou nie.  Toe ontmoet ek iemand wat ek as n vriend beskou.  Dit was vir my so ongewond dat ons kan lekker gesels en gemaklik voel, sonder dat daar enige sprake van kys is.  Hy kom haal my, ons gaan saam uit en geniet net mekaar sy geselskap.  Dit was vir my soos n droom, hy was altyd daar as ek hom nodig het, ons kon alles deel, grapies was gemaak en alles het net goed verloop. 

Daar was tye wat ek depres was oor my studies, dan sal hy my aanmoedig en my lekker laat voel, dat ek weer my self vetroue in my studies terug kry.  My ander vriende kon sien dat ons goed is vir mekaar.

My gevoelens vir hom het sterker geword en ek het gewonder hou hy oor my voel.  Dit was my verjaarsdag en my vriende het n partyjie vir my gegee.  Hy het in by die deur gekom, en al wat ek kon sien was vir hom.  En soos hy nader kom begin my knie lam word, hy staan voor my en se "Ek is lief vir jou"......


Tot volgende keer.....

Donderdag 16 Mei 2013

Ware liefde word gevind, wanneer jy die minste daar aan dink..